top of page
Wie Ons Is

OnseTV

StarSat, Suid Afrika se toonaangewende satellietdiensverskaffer, is teenwoordig deur StarTimes in vele Afrika-lande, en bedryf self hulle besigheid in 17 daarvan, insluitend Suid-Afrika. Die groep se Afrika-aktiewe subskribsie is digby 11 000 000. In Suid-Afrika het die groep meer as 500 000 dekodeerders reeds plaaslik verkoop vanaf 2010.

OnseTV is ‘n televisie kanaal wat die belange en kulturele aspekte van die groep mense wat in die gewone taal as bruinmense bekendstaan, te dien en uit te beeld. Die bruinmens-groepering is hoofsaaklik Afrikaansprekend en dit word so op die kanaal weerspieël hoewel die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied word nie. Die kanaal se uitsendings het op 29 September 2017 aanvang geneem.

Dit is wyd bekend dat die gekleurde Afrikaanssprekendes die verre meerderheid is wat díe taal as huis- en voertaal gebruik. Wat nie so bekend is nie is dat hierdie kulturele groepering se wortels meer in Afrika geplant was is suiwer in sy Europese komponent. Dit word erken dat die Khoi- en Sangroepe, die oudste gerekende inwoners van die Suider-Afrika streek, die grondslag van die gemeenskap vorm. Vermenging met ander plaaslike swart inwoners asook Europieërs wat hier aangekom het as seevaarders het dan gelei tot die totstandkoming van die gekleurde gemeenskap in Suid-Afrika. Die kanaal spits hom daarop toe om die pragtige diversiteit wat binne hierdie gemeenskap heers tot sy volle reg te laat kom. Daar lê soveel kleur en tekstuur in hierdie gemeenskap dat mens dit net wil omarm en samelewing skep. Die reaksie uit ons onmiddellike gekleurde gemeenskappe is ongelooflik. Die energie wat daar heers is tasbaar en ons hoofdoel is om daardie gees en drif vas te vang en op die kleinskerm te weerspieël.

bottom of page